Posts

Jou reg, jou verantwoordelikheid!

Image
Elke mens het die reg tot sy/haar menseregte wat ingesluit is in Suid Afrika se Handves van Regte. Menseregtedag word ook jaarliks gevier op die 21ste Maart. Die rede vir die viering van Menseregte is as gevolg van 69 Pan-Afrikaner-Kongres-simpatiseerders wat deur die polisie doodgeskiet is tydens 'n anti-paswette protes buite 'n polisiekantoor in die suidelike Gautengse dorp Sharpeville en vier in Langa. Menseregte word dus gevier in herdenking van die Sharpeville-bloedbad. Net soos wat elke mens die reg het tot menseregte, so het elke persoon ook ‘n verantwoordelikheid teenoor sy of haar regte. Die regte wat geldig is vir een mens moet op so ‘n manier uitgeoefen word dat dit die regte van ‘n ander mens bevorder en nie skend nie. Google: Handves van menseregte Wat is die Grondwet? Op 18 Desember 1996 Het die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika in werking getree. Die Grondwet bestaan uit 17 Hoofstukke. Dit bepaal ook hoe die regering die land moet regee

'Active wear" - Is jy deel van hierdie generasie?

Image
Die nuutste mode neiging wat al ‘n geruime tyd opvallend is op die Kampus van die Universiteit van die Vrystaat is “Aktiewe drag”. Die voorkoms raak dus al hoe meer opvallend op baie meer tereine van die omgewing en nie net in die gimnasium nie. ‘n Paar studente is gevra oor waarom hulle di é drag dra, nie net in die gimnasium nie maar sommer orals heen.   Student, Arline Herbst meen dat dit ‘n gemaklike opsie is vir die kampus en haar motiveer om wel na die gimnasium te gaan wanneer sy ‘n af tyd het omdat sy reeds klaar aangetrek is vir die geleentheid. Onder andere s ê ‘n ander student dat dit ‘n eenvoudige, vinnige opsie is in die oggend eerder as om ure voor haar klerekas te staan en te besluit wat sy wil aantrek. ‘n Student van die Universiteit van Pretoria (TUKS), Annastatia van Rensburg meen dat vele student op hul kampus ook aktiewe drag dra, meer as van te vore. Beteken dit dan dus dat dit nie net ‘n mode neiging op die Kovsie kampus is nie, maar dalk op all

Koshuis sokker is pret!

Image
Op Maandae aande blaas die fluitjies van verskillende sokkervelde en klomp meisies hardloop rond en skop ‘n sokkerbal. Sonnedou se Sport-HK Carmen Bonafede s ê dat dit belangrik is vir meisies van nie net Sonnedou nie, maar alle koshuise om deel te neem aan sport, nie net sokker nie, maar netbal, volleybal ens. ook.   Dit skep ‘n sin van enigheid vir elke koshuis en ‘n spesiale band tussen die meisies wat saam deelneem aan al hierdie aktiwiteite. Carmen Bonafede se mening is dus ook dat alhoewel die meisies nie noodwendig altyd die spelreels ken nie, dit juis deel maak van die pret. Elke span het hier en daar ‘n ster uitblinker, maar al die ander meisies doen dit absoluut net vir die pret en samekoms op Maandae om di é dag beter af te sluit. Daar is streng reels gebonde aan hierdie sokker wat vir meeste koshuise net pret is. Kyle Marais, sokker organiseerder van Kovsies s ê dat streng reels nodig is vir die sport soort anders kan ernstige besergings plaasvind en dus

Ek, wie is Ek eintlik?

Image
In die volgende paar woorde wil ek myself graag voorstel aan julle.   Wie is die mens agter Sweet Escape. Ek is ‘n mens wat glo daarin om vry te wees en te doen wat jou gelukkig maak, al is dit nie altyd deel van die norm waaraan mense gewoond is nie. Elkeen is sy eie mens en dit is my lewens “motto” – en glo my ek lewe graag daarvolgens. My droom in die lewe is dat almal sal ophou om te lewe volgens wat ander mense verwag en meer sal fokus om die beste uit hul eie lewens te kry. Ek sal myself ook beskryf as iemand wat mal is oor die buite lewe en nie graag vas gevang wil wees in ‘n kantoor of op een plek nie. Die plaas is waar ek myself bevind as ek stilte nodig het en waar mens net weer die mooi van die natuur kan waardeer. Ek as gimnas op die balk. Level 5 Een van my heel grootste passies is gimnastiek. Ek is blootgestel daaraan toe ek ‘n 4 jarige dogtertjie was. Ek was absoluut mal daaroor, of is nogsteeds.   Alhoewel ek dit nie meer self doen nie, geniet ek

Cancer - an illness or a cursed word?

With cancer goes the thought of death... how much longer can someone endure such pain? Nothing someone says can change the heartbreaking moment of a doctor saying the “C” word. Although we expected cancer, it was just a thought and now it is reality.  How does someone handle a loved one with cancer? What can you say to a newly diagnosed loved one?  Here is some tips that I found very useful, during this time: Listen. ...  Give advice only when you are asked. ...  Educate yourself about cancer. ...  Support your loved one's treatment decisions. ...  Remember the caregiver. ...  Be specific about the help you can offer. ...  Stay connected. ...  Keep things normal. Be receptive to your loved one’s needs when treatment is over. Click on the following link for more useful tips:

Vind Rus

Dis die helder sonsopkoms Oor die berge van verlange Die bruin stofpaaie Wat lei na onvertelde stories Die ligte blou lug Wat geheime versteek Die droë grasvelde Wat brand van nuuskierigheid En die donker sonsak Wat elke dag bewaar Dis die plek waar ek begrawe wil word Die plek waar die sonsopkoms 'n nuwe dag sal aankondig Die plek waar die stofpaaie mense sal lei na vrede Die plek waar die lug geen geheime sal hou nie Die plek waar die grasvelde stories sal vertel van die dag se gebeure En die plek waar die sonsak die dag sal koester Strooi my as onder 'n wilgerboom Naby waar strome sal fluister oor die mooi van elke dag En ek kan dans op die gesuis van die wind Ja, dis waar ek wil rus vind Van die stad se gejaag