Koshuis sokker is pret!


Op Maandae aande blaas die fluitjies van verskillende sokkervelde en klomp meisies hardloop rond en skop ‘n sokkerbal.

Sonnedou se Sport-HK Carmen Bonafede sê dat dit belangrik is vir meisies van nie net Sonnedou nie, maar alle koshuise om deel te neem aan sport, nie net sokker nie, maar netbal, volleybal ens. ook.  Dit skep ‘n sin van enigheid vir elke koshuis en ‘n spesiale band tussen die meisies wat saam deelneem aan al hierdie aktiwiteite.

Carmen Bonafede se mening is dus ook dat alhoewel die meisies nie noodwendig altyd die spelreels ken nie, dit juis deel maak van die pret. Elke span het hier en daar ‘n ster uitblinker, maar al die ander meisies doen dit absoluut net vir die pret en samekoms op Maandae om dié dag beter af te sluit.

Daar is streng reels gebonde aan hierdie sokker wat vir meeste koshuise net pret is.
Kyle Marais, sokker organiseerder van Kovsies sê dat streng reels nodig is vir die sport soort anders kan ernstige besergings plaasvind en dus nie meer pret wees vir die meisies om deel te neem nie.  Hy sê ook dat daar baie teenkanting is van dié meisies af wat nie altyd alle juwele wil afhaal tydens die wedstryd nie en daarom word die reels streng geïmplementeeer vir die meisies se eie veiligheid.
Sonnedou sokkerspan

Sommige koshuise het ook ‘n afrigter wat die meisies leiding gee tydens die wedstryd.
HK Sport – Sonnedou sê dat hulle ook nou ‘n afrigter gekry het om te virseker dat hulle in die Liga bly en sal deurdring na die semi-finaal asook dan na die finaal. Sy klink heel positief en optimisties dat haar span dit sal maak tot by die Finaal.

Bear Bryant het eenmal gesê “Dis nie die wil om te wen nie, maar die wil om voor te berei om te wen wat die verskil maak.”

Kampus lewe gaan oor veel meer as net studies en so word dit aangedui op die sokkervelde!






Teneal van Deventer tydens Opwarming


Blog inskrywing 2 - Opdrag 1

Comments

Popular posts from this blog

Jou reg, jou verantwoordelikheid!

Vind Rus