Ek, wie is Ek eintlik?


In die volgende paar woorde wil ek myself graag voorstel aan julle.  Wie is die mens agter Sweet Escape.

Ek is ‘n mens wat glo daarin om vry te wees en te doen wat jou gelukkig maak, al is dit nie altyd deel van die norm waaraan mense gewoond is nie.
Elkeen is sy eie mens en dit is my lewens “motto” – en glo my ek lewe graag daarvolgens.

My droom in die lewe is dat almal sal ophou om te lewe volgens wat ander mense verwag en meer sal fokus om die beste uit hul eie lewens te kry.

Ek sal myself ook beskryf as iemand wat mal is oor die buite lewe en nie graag vas gevang wil wees in ‘n kantoor of op een plek nie. Die plaas is waar ek myself bevind as ek stilte nodig het en waar mens net weer die mooi van die natuur kan waardeer.

Ek as gimnas op die balk. Level 5
Een van my heel grootste passies is gimnastiek. Ek is blootgestel daaraan toe ek ‘n 4 jarige dogtertjie was. Ek was absoluut mal daaroor, of is nogsteeds.  Alhoewel ek dit nie meer self doen nie, geniet ek dit om my passie oor te dra aan ander kinders en dit vir hulle te leer met die hoop dat hulle ook die passie wat ek het vir gimnastiek sal ontwikkel. Ek droom daarvan om eendag te kan sê, dat ek ‘n gimnas gehelp het om ‘n Springbok gimnas te word.

Buiten vir my passie vir gimnastiek, is een van my ander om te skryf. Ek is mal daaroor om gedigte te skryf asook kortverhale.    
Dit laat my vry voel en voer my vir ‘n oomblik na ‘n ander wêreld.

Nou ja, dié is wie ek eintlik is…


























Blog inskrywing 1 Opdrag 1

Comments

Popular posts from this blog

Jou reg, jou verantwoordelikheid!

Koshuis sokker is pret!

Vind Rus