'Active wear" - Is jy deel van hierdie generasie?


Die nuutste mode neiging wat al ‘n geruime tyd opvallend is op die Kampus van die Universiteit van die Vrystaat is “Aktiewe drag”. Die voorkoms raak dus al hoe meer opvallend op baie meer tereine van die omgewing en nie net in die gimnasium nie.

‘n Paar studente is gevra oor waarom hulle dié drag dra, nie net in die gimnasium nie maar sommer orals heen.  Student, Arline Herbst meen dat dit ‘n gemaklike opsie is vir die kampus en haar motiveer om wel na die gimnasium te gaan wanneer sy ‘n af tyd het omdat sy reeds klaar aangetrek is vir die geleentheid. Onder andere sê ‘n ander student dat dit ‘n eenvoudige, vinnige opsie is in die oggend eerder as om ure voor haar klerekas te staan en te besluit wat sy wil aantrek.

‘n Student van die Universiteit van Pretoria (TUKS), Annastatia van Rensburg meen dat vele student op hul kampus ook aktiewe drag dra, meer as van te vore.

Beteken dit dan dus dat dit nie net ‘n mode neiging op die Kovsie kampus is nie, maar dalk op alle kampusse? en dat dit ‘n algemene mode neiging geword het regoor die land?

Onlangs het ‘n video weid versprei op Facebook en Instagram oor ‘n klomp vrouens wat die gekskeer oor die daaglikse drag van “Aktiewe drag”.


                   Klik die volgende skakel om die video te kyk: https://youtu.be/CYRENWT8lz8



Anna Laplaca, ‘n skrywer van ‘n artikel gevind op die internet onder Who What Wear. Sy fokus dus haar artikel op hoe hierdie aktiewe drag mode neiging haar gemotiveer het om meer te oefen. Laplaca sê dat sy haarself gemanipuleer het om meer te gaan oefen deur aktiewe drag aan te skaf en opgewonde te voel daaror, dus het jy geen verskoning om nie te gaan oefen nie. Buitendien daar is niks wat ‘n vrou so motiveer om iets te doen soos die perfekte uitrusting wat daarby pas nie.

Lees meer oor ‘This Activewear Trend Actually Motivated Me to Work Out More’: https://www.whowhatwear.com/joylab-leggings-bra-target--5acd3e9374042?ps=tag&tag=activewear

Volgens Global Industry Analysist Inc. sal sport en fiksheidskleedklere (fitness apparel clothing) wêreldwyd teen 2024 $231.7 biljoen bereik. Die kleremark van aktiewe drag het ook drasties vermeerder. Dit kan mens dus sien in die winkels wat aktiewe drag verkoop en nie voorheen het nie. Winkels soos byvoorbeeld Topshop, H&M en Forever 21. Dit dui dus op die styging van die mark en hoe populêr hierdie mode neiging geword het.

 
 Google: Active wear 
Pinterest: Streetwear



Die mode neiging van aktiewe drag het op so ‘n manier verander dat hoe meer bonkig die ‘legging’ hoe beter en hoe meer is jy in die mode. Die dae van slegs net swart ‘leggings’ is iets van die verlede. Patrone en kleure is die nuwe neiging vir ‘leggings’ en bypasende hemde om die volledige ‘look’ te voltooi.

Ek moet bieg oor die hoeveelheid kere wat ek ook net eerder my aktiewe drag aangetrek het oor die gemak daarvan eerder as om werklik die gimnasium te gaan besoek, maar ook dat wanneer ek dit wel aangetrek het dit my gemotiveer het om te gaan oefen.
Hoeveel keer het jy nie ook self gewonder as jy iemand met aktiewe drag sien in die winkelsentrum of die person werklik die gimnasium bygewoon het of nog gaan bywoon nie?

Is jy dalk ook ‘n “Active wear Junkie”?
Opdrag 2, Inskrywing 2

Comments

Popular posts from this blog

Jou reg, jou verantwoordelikheid!

Koshuis sokker is pret!

Vind Rus