Jou reg, jou verantwoordelikheid!


Elke mens het die reg tot sy/haar menseregte wat ingesluit is in Suid Afrika se Handves van Regte. Menseregtedag word ook jaarliks gevier op die 21ste Maart. Die rede vir die viering van Menseregte is as gevolg van 69 Pan-Afrikaner-Kongres-simpatiseerders wat deur die polisie doodgeskiet is tydens 'n anti-paswette protes buite 'n polisiekantoor in die suidelike Gautengse dorp Sharpeville en vier in Langa. Menseregte word dus gevier in herdenking van die Sharpeville-bloedbad.

Net soos wat elke mens die reg het tot menseregte, so het elke persoon ook ‘n verantwoordelikheid teenoor sy of haar regte. Die regte wat geldig is vir een mens moet op so ‘n manier uitgeoefen word dat dit die regte van ‘n ander mens bevorder en nie skend nie.

Google: Handves van menseregte
Wat is die Grondwet?

Op 18 Desember 1996 Het die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika in werking getree. Die Grondwet bestaan uit 17 Hoofstukke. Dit bepaal ook hoe die regering die land moet regeer en ook die Handves van Menseregte van alle landsburgers beskerm. Die Grondwet is ook die hoogste reg van die land.  Hoofstuk 2 van die Grondwet  bevat die menseregte wat beskerm moet word.
Kennis oor die reg op gelykheid is vir almal van belang. Elkeen kan ‘n potensiële slagoffer wees van die skending van die reg tot gelykheid en so kan elke mens dus ook ‘n potensiële skender van ander se reg op gelykheid wees.



Hoof elemente soos verduidelik in die Handves van regte oor gelykheid is dus dat elkeen gelyk is voor die reg en die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg het. Gelykheid sluit ook die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Nog ‘n belangrike element in die reg tot gelykheid is diskriminasie teen ander.

‘n Individue se verantwoordelikheid teenoor die reg tot gelykheid is om hom of haarself as ‘n gelyke met ander mense te sien en ook so op te tree en ander mense dieselfde te behandel.  Geen mens wil teen gediskrimineer word nie en so moet elkeen dit sy verantwoordelikheid maak om nie teen ander te diskrimineer ten opsigte van hul ras, geslag, geloof, taal, kultuur, ens. nie.

Nog ‘n belangrike reg wat op toepassing van almal is, is die reg op Privaatheid.
Die reg op Privaatheid sluit in dat niemand ‘n persoon of sy of haar woning mag deursoek nie, hul eiendom mag nie deursoek word nie, daar mag nie op hul besittings beslag gelê word nie en daar mag ook nie op die privaatheid van hul kommunikasie inbreuk gemaak word nie.

Elke persoon se verantwoordelikheid van die reg is om nie inbreuk te maak op ander se privaatheid nie, net soos dit jou reg is op privaatheid so is dit ook ‘n ander individu se reg op privaatheid.

Iets wat altyd ingedagte gehou moet word is dat elke reg van ‘n individu se basiese regte ook ‘n ander individu se regte is. Die regte moet dus gerespekteer word en wedersyds gegun word vir mekaar.

Dit is elke individu se plig om verantwoordelikheid te neem vir hul regte en die regte toe te pas teenoor ander individu.
Lees meer en oor die Grondwet en ken jou basiesies regte deur op die volgende skakel te klik: https://myconstitution.co.za/af/02.html 


Opdrag 2 inskrywing 1


Comments

Popular posts from this blog

Koshuis sokker is pret!

Vind Rus