Koshuis sokker is pret!
Op Maandae aande blaas die fluitjies van verskillende sokkervelde en klomp meisies hardloop rond en skop ‘n sokkerbal. Sonnedou se Sport-HK Carmen Bonafede s ê dat dit belangrik is vir meisies van nie net Sonnedou nie, maar alle koshuise om deel te neem aan sport, nie net sokker nie, maar netbal, volleybal ens. ook. Dit skep ‘n sin van enigheid vir elke koshuis en ‘n spesiale band tussen die meisies wat saam deelneem aan al hierdie aktiwiteite. Carmen Bonafede se mening is dus ook dat alhoewel die meisies nie noodwendig altyd die spelreels ken nie, dit juis deel maak van die pret. Elke span het hier en daar ‘n ster uitblinker, maar al die ander meisies doen dit absoluut net vir die pret en samekoms op Maandae om di é dag beter af te sluit. Daar is streng reels gebonde aan hierdie sokker wat vir meeste koshuise net pret is. Kyle Marais, sokker organiseerder van Kovsies s ê dat streng reels nodig is vir die sport soort anders kan ernstige besergings plaasvind en ...