Posts

Showing posts from May, 2018

Jou reg, jou verantwoordelikheid!

Image
Elke mens het die reg tot sy/haar menseregte wat ingesluit is in Suid Afrika se Handves van Regte. Menseregtedag word ook jaarliks gevier op die 21ste Maart. Die rede vir die viering van Menseregte is as gevolg van 69 Pan-Afrikaner-Kongres-simpatiseerders wat deur die polisie doodgeskiet is tydens 'n anti-paswette protes buite 'n polisiekantoor in die suidelike Gautengse dorp Sharpeville en vier in Langa. Menseregte word dus gevier in herdenking van die Sharpeville-bloedbad. Net soos wat elke mens die reg het tot menseregte, so het elke persoon ook ‘n verantwoordelikheid teenoor sy of haar regte. Die regte wat geldig is vir een mens moet op so ‘n manier uitgeoefen word dat dit die regte van ‘n ander mens bevorder en nie skend nie. Google: Handves van menseregte Wat is die Grondwet? Op 18 Desember 1996 Het die Grondwet van die Republiek van Suid Afrika in werking getree. Die Grondwet bestaan uit 17 Hoofstukke. Dit bepaal ook hoe die regering die land moet regee

'Active wear" - Is jy deel van hierdie generasie?

Image
Die nuutste mode neiging wat al ‘n geruime tyd opvallend is op die Kampus van die Universiteit van die Vrystaat is “Aktiewe drag”. Die voorkoms raak dus al hoe meer opvallend op baie meer tereine van die omgewing en nie net in die gimnasium nie. ‘n Paar studente is gevra oor waarom hulle di é drag dra, nie net in die gimnasium nie maar sommer orals heen.   Student, Arline Herbst meen dat dit ‘n gemaklike opsie is vir die kampus en haar motiveer om wel na die gimnasium te gaan wanneer sy ‘n af tyd het omdat sy reeds klaar aangetrek is vir die geleentheid. Onder andere s ê ‘n ander student dat dit ‘n eenvoudige, vinnige opsie is in die oggend eerder as om ure voor haar klerekas te staan en te besluit wat sy wil aantrek. ‘n Student van die Universiteit van Pretoria (TUKS), Annastatia van Rensburg meen dat vele student op hul kampus ook aktiewe drag dra, meer as van te vore. Beteken dit dan dus dat dit nie net ‘n mode neiging op die Kovsie kampus is nie, maar dalk op all