Posts

Showing posts from October, 2016

Vind Rus

Dis die helder sonsopkoms Oor die berge van verlange Die bruin stofpaaie Wat lei na onvertelde stories Die ligte blou lug Wat geheime versteek Die droƫ grasvelde Wat brand van nuuskierigheid En die donker sonsak Wat elke dag bewaar Dis die plek waar ek begrawe wil word Die plek waar die sonsopkoms 'n nuwe dag sal aankondig Die plek waar die stofpaaie mense sal lei na vrede Die plek waar die lug geen geheime sal hou nie Die plek waar die grasvelde stories sal vertel van die dag se gebeure En die plek waar die sonsak die dag sal koester Strooi my as onder 'n wilgerboom Naby waar strome sal fluister oor die mooi van elke dag En ek kan dans op die gesuis van die wind Ja, dis waar ek wil rus vind Van die stad se gejaag